Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Suide van stad tydelik skoner
Honderde mense van verskillende organisasies soos AfriForum het Saterdag (10/10) aan ’n skoonmaakprojek in die suide van Bloemfontein deelgeneem.Foto: Verskaf

Honderde inwoners van woonbuurte in die suide van die stad het Saterdag (10/10) die strate ingevaar en die gemors wat oral rondlê, opgeruim.

Dave McKay, DA-raadslid, sê dié optrede was nie polities van aard nie, maar ’n geleentheid waartydens mense van oral in dié wyk hande gevat het om in te spring waar die Mangaung-metro nie skoonmaak nie.

“In Fauna het Fidelity ADT, individue en gemeenskaps­polisiëringsforum-lede skoongemaak. In Uitsig was dit AfriForum en die Uitsig-woonbuurtvereniging wat ’n groot gedeelte al langs Monumentweg opgeruim het.”

McKay sê langs die Ferreirapad het lede van die Leeuwberg- landelike vereniging, asook individue van Ferreira en Bloemdal, aan ’n skoonmaakprojek deelgeneem.

“Johan Marais het reeds twee weke gelede begin om al langs die Ferreirapad skoon te maak.”

In Lourierpark het gemeenskaps­lede om die Rooidam-bewarea skoongemaak.

In Kelly’s View het die Kwagga­fontein-woonbuurtvereniging, die Selfhelp-WhatsApp-groep en Bart Groenewald van R&T-konstruksie slaggate in Brendarweg en Folieweg in Kwaggafontein opgevul.

“Ons hoop die Mangaung-metro neem kennis dat inwoners in sulke toestande moet leef. Ons verwag van die metro om sy hulpbronne te gebruik om die omgewing wat nou netjies gemaak is, so te hou.”

McKay het sy dank teenoor al Saterdag se betrokkenes uitgespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.