Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swem vir bewustheid

Kovsie Aquatics, in samewerking met Reach for Recovery, bied op 18 Januarie ’n oopwaterswembyeenkoms by Maselspoort aan.

Dit sal as kwalifiserende swembyeenkoms vir die Midmar-myl in Februarie dien.

’n Geldinsameling vir Reach for Recovery word as deel van die geleentheid gedoen.

Ilse de Wit verduidelik dié nie-winsgewende organisasie bied emosionele en praktiese ondersteuning vir pasiënte wat ’n mastektomie ondergaan het.

“Ons is die afgelope twee jaar by die geleentheid betrokke met die borg van die pienk pette om blootstelling aan Reach for Recovery te gee.

“Met 18 Januarie se byeenkoms bied ons egter die eerste keer ’n swemnommer aan waaraan swemmers teen R1 000 as geldinsameling vir Reach for Recovery kan deelneem. Deelnemers aan dié nommer, sal ’n spesiale groen pet dra en ook ’n medalje en handdoek ontvang.”

Sy sê die spesiale swemnommer is geskoei op die Midmar se goue swempet wat swemmers kry as hulle al agt nommers geswem het, waar ook geld vir ’n goeie doel ingesamel word.

Die spesiale nommer is ’n 4 x 1 km en kos R1 155 saam met die inskrywingsgeld. Dit is vir meisies 13 jaar en jonger en vroue 31 jaar en ouer, vroue 14 tot 30 jaar asook seuns 13 jaar en jonger, mans 31 jaar en ouer en mans 14 tot 30 jaar wat al vier 1 km-nommers swem.

Die ander nommers van die dag is ’n 3 km- of 5 km-swemnommer om 08:00 (R175); ’n 1 km-nommer vir meisies 13 jaar en jonger en vroue 31 jaar en ouer (R155) om 10:00; ’n 1 km-nommer vir seuns 13 jaar en jonger en mans 31 jaar en ouer (R155) om 11:00, ’n 1 km-nommer vir vroue 14 tot 30 jaar (R155) om 12:00; ’n 1 km-nommer vir mans 14 tot 30 jaar (R155) om 13:00 en ’n pretswemnommer om 14:00 oor 500 m (R75).

Inskrywings kan vooraf gedoen word by www.myactive.co.za. Aanlyninskrywings sluit op 14 Januarie. Laat inskrywings by Maselspoort is die toegangsgeld en ’n R60-boete bykomend tot die inskrywingsgeld. Toegang vir almal wat nie deelneem nie kos R40.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.