Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swemmers durf rivier aan

Altesaam 460 swemmers en hul gees­driftige ondersteuners het Saterdag (18/01) vir die Kovsie Aquatics-swemklub se jaarlikse oopwater-swembyeenkoms by Maselspoort saamgetrek.

Van vroegoggend af het swemmers met hul pienk swempette, geborg deur Reach for Recovery, aan ses verskillende swemnommers in die Modderrivier deelgeneem.

Ilse de Wit, van Reach for Recovery wat pasiënte wat ’n mastektomie ondergaan het, bystaan, sê hulle is vanjaar vir die derde keer by die byeenkoms betrokke.

Vanjaar het vyf swemmers met groen pette aan al vyf 1 km-swemnommers deelgeneem as deel van ’n geldinsamelingsprojek vir Reach for Recovery.

Van dié swemmers was Francois Joubert eerste, in ’n tyd van 01:44:42 vir al die 1 km-swem­nommers. Odette Victor was die eerste vrou, in 01:47:03.

In die 3 km-swem was Pieter Delport van Super Seals eerste in 42:25. Die eerste vrou was Kaeli Armour van Super Seals in 45:44.

In die 5 km-swem was Robbie Hatting die eerste man in 01:12:37 en Cloe le Roux van Neptunes Aquatics die eerste vrou in 01:15:10.

In die 1 km-swem vir meisies o.13 was Kaeli Armour van Super Seals eerste in 15:57.

Christine Wall was eerste in die afdeling vroue 31 tot 40 (21:43), Brenda Coetzee eerste in die afdeling vroue 41 tot 50 (19:14), Annalene Hatting eerste in die afdeling vroue 51 tot 60 (25:04), Guiney Gwyn eerste in die afdeling vroue 61 tot 70 (24:25) en Beth Lordan eerste in die afdeling vroue 71 jaar en ouer (28:34).

In die 1 km vir seuns o.13 was Connor Reinders van Bloemfontein Otters eerste in 15:48.

Abie Opperman was eerste in die afdeling mans 31 tot 40 jaar (18:16), Michael van Niekerk eerste in die afdeling mans 41 tot 50 jaar (19:03), Reinier Naude eerste in die afdeling mans 51 tot 60 (17:27) en Corrie Craven eerste in die afdeling mans 71 jaar en ouer (31:58).

In die 1 km-swemnommer vir vroue 14 tot 30 jaar was die wenner Luchelle Oosthuizen van Bloemfontein Otters (14:20), tweede Lize-Marie Davidson, ook van Bloemfontein Otters (14:29), en derde Guioma Lausberg van Neptunes Aquatics (14:48). In dié nommer vir mans 14 tot 30 jaar was Robbie Hatting eerste (13:27), Cobus Botes van Neptunes Aquatics tweede (13:30) en Len-Douglas MacKay van Neptuens Aquatics derde (14:04).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.