Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swemmers ryg medaljes in
Len-Douglas McKay in aksie tydens ’n vorige swembyeenkoms.Foto’s: Verskaf

Om uit te blink in swemkompetisies is ’n groot prestasie, maar om spontaan iemand wat in die see in die moeilikheid beland se lewe te red, is beslis prysenswaardig.

Twee nasionale swemkampioenskappe het die afgelope paar dae in Durban plaasgevind en een van die deelnemers, Len-Douglas McKay, het saam met vriende op die strand by Umhlanga ontspan toe hulle sien twee mans in die see roep om hulp.

Len-Douglas, ’n ywerige swemmer en deelnemer aan lewensreddingskompetisies, se ma, Lynette, sê hy het aanvanklik aan die lewensredders beduie dat die mense hulp nodig het, maar toe dinge begin ernstig lyk, besluit om self in te gaan en hulp te verleen.

“Hy het die een man na veiligheid op die strand gebring en toe teruggegaan om die lewensredder te help met die tweede man.”

Len-Douglas van die Hoërskool Jim Fouché wat normaalweg o.17 deelneem, het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Senior Swemkampioenskappe van 6 tot 11 April waar hy in die ouderdomsgroep 17 tot 24 jaar meegeding het.

Hy was 5de in die 200 m-rugslag en 6de in die 50 m-rugslag en het ook goed gedoen in ander items. Hy is lid van die Neptunes-swemklub.

Len-Douglas neem ook van 23 tot 25 April aan die Lewensreddingskampioenskappe in Durban deel.

Ernst van Rensburg wat aan die Suid-Afrikaanse Junior Swemkampioenskappe deelgeneem het en die medaljes ingeryg het.
  • Leerlinge van Grey-kollege (sekondêr) wat aan die Suid-Afrikaanse Junior Swemkampioenskappe van 6 tot 11 April in Kingspark in Durban deelgeneem het, het met talle medaljes huis toe gekom. Ernst van Rensburg (13 jaar) het goud verower in 50 m-borsslag, silwer in 200 m-vlinderslag, 100 m-borsslag en 400 m-individuele wisselslag. Hy het brons verower in die 200 m-vryslag, 200 m-individuele wisselslag, 200 m-borsslag en 1 500 m-vryslag. Hy het ook goed gedoen in talle ander items en het uiteindelik die derde meeste punte in sy ouderdomsgroep vir seuns op die byeenkoms behaal.) Aiden Nel het vier goue medaljes in die afdeling seuns (14 jaar) behaal in die 200 m-vlinderslag, 400 m-individuele wisselslag, 200 m-borsslag en 1 500 m-vryslag met ’n brons in die 400 m-vryslag.
  • Hy het sy persoonlike beste tye in al tien items waarin hy deelgeneem het, verbeter. HJ Knepscheld (15-16 jaar) het goud gewen in die 50 m-borsslag en silwer in die 100 m-borsslag.) Pieter Delport (17-18 jaar) het silwer behaal in die 200 m-rugslag en brons in die 1 500 m-vryslag.) Kaleb Lombard (17-18) het drie bronsmedaljes gewen in die 50 m-borsslag, 100 m-rugslag en 400 m-individuele wisselslag onderskeidelik.

Clinton Thomas, die nuwe hoofafrigter vir Neptunes-swemklub, sê 11 van sy swemmers het aan die junior en senior kampioenskappe in Durban gaan deelneem – die meeste swemmers wat dié klub nog vir die kompetisies gestuur het.

  • Uitblinkers in die junior kampioenskap was: Cobus Bothes (16 jaar), ’n tuisonderrigleerling wat goud gekry het in die 200 m-borsslag, silwer in die 50 m-borsslag en brons in die 100 m-borsslag. Hy het ses persoonlike beste tye opgestel.) Christoff Crous (12 jaar) van die Laerskool Universitas het silwer medaljes gekry in die 50 m-borsslag, 100 m-borsslag en 200 m-borsslag onderskeidelik. Hy het in 12 items persoonlike beste tye opgestel.) Juandré de Vos (13 jaar) van Grey het goud gewen in die 200 m-borsslag en brons in die 400 m-vryslag.) Anri van der Westhuizen (12 jaar) van die Laer Meisieskool Oranje het goud gewen in die 50 m-rugslag en silwer in die 100 m-rugslag, 100 m-vryslag en 50 m-vryslag.
  • Die volgende swemmers was almal onder die tien topswemmers in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Anandi Botha (16 jaar) van die Hoër Meisieskool Oranje het aan ses items deelgeneem.) Christopher Cilliers (13 jaar) van Grey het aan ses items deelgeneem.) Miché Johns (16 jaar) van Oranje het aan vier items deelgeneem.) Danielle Joubert (15 jaar) van Oranje het aan vyf items deelgeneem.) MJ van der Heever van Grey het aan vyf items deelgeneem.) Cara van der Bijl van Oranje het aan agt items deelgeneem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.