Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle verenig teen seksonderrig in skole

Ouers van skole in Bloemfontein beplan ’n protesoptrede vanmiddag (13/02) teen die departement van basiese onderwys se seksvoorligting-kurrikulum (CSE).

Hulle gaan van 15:00 af saamtrek op die hoek van Olive Grinter- en Benaderylaan ter ondersteuning van die landwye veldtog #Leaveourkidsalone.

Die ouers maak beswaar teen dié kurrikulum vir kinders van gr. 4 tot gr. 12 wat as deel van die vak lewens­oriëntering aangebied word en die departement se plan om dit verpligtend te maak.

Die private Facebook-groep #Leaveourkids­alone, wat deur Lauren Eventhia begin is, vra dat die CSE en seksonderrig nie by openbare skole aangebied word nie.

Die geloofsgegronde welsynsorganisasie van die NG Kerk, Badisa, het Sondag (09/02) in Rapportgesê die plan vir seksvoorligting op skool is ’n bohaai oor niks. Volgens die berig het Badisa bevind die departement se CSE is “wetenskaplik akkuraat” en die materiaal “is in die meeste gevalle ouderdomsgepas”.

In ’n berig op Netwerk24, “Die A tot Z van seksvoorligting op skool” (03/02), skryf Jana Marx dat daar groot onsekerheid bestaan oor wat die departement met sy program beoog en dat inligting oor die kurrikulum baie verwarrend is.

Marx skryf dat, volgens Elijas Mhlanga, woordvoerder van die departement, 1 500 skole in die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal deelneem aan ’n proeftydperk om die ge­skrewe lesplanne by leerlinge te toets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.