Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tangoprogram met emosies gevul

Die tangoprogram wat op die nippertjie uitgestel moes word nadat dit in Maart as deel van die Rhapsody in Bloem-konsertreeks aangebied sou word, word op 17 Mei om 19:00 in die Naval Hill-planetarium deur vyf musici uitgevoer.

Dit behoort selfs meer opwindend te wees as die oorspronklike plan, wat opgeneemde klanke sou insluit, sê Petro Engelbrecht, die stigter van die kwartaallikse konserte.

Elsabé Raath, die Bloemfonteinse altviolis wat aan die stuur van die tangokonsert is, het die tjellis Rina Schutte, kontrabasspeler Jonalene Taylor, pianis Belinda le Roux en Werner Stander (perkussie) gekry om werke van komponiste soos Gerardo Rodríguez, Isabelle Hernández en die Argentynse meester Astor Piazzolla uit te voer.

Dié konsert is ’n vry­willige aanbod uit Bloemfontein se musiekgeledere en bied ’n bykomende bydrae tot die beursgeld vir die jaarlikse kompetisiewenner.

Die doel met die Rhapsody in Bloem-amateurkonserte is om ’n verskeidenheidskonsert van hoë gehalte aan te bied waarvan die toegangsgeld vir ’n musiekbeurs aangewend word.

Verlede jaar het die professionele violis Francois Henkins sonder vergoeding ’n konsert gehou waarvan die opbrengs ten volle in die beursfonds gestort is. Vanjaar doen Raath en mede-musici ook so.

Die program begin met Carlos Gardel se tango “Por una cabeza” uit die fliek Scent of a Woman, gevolg deur onder meer La Cumparsita van Rodríguez, “Assassin’s Tango” uit die fliek Mr. & Mrs. Smith, en “Cuatro Estaciones Porteñas” (Vier seisoene van Buenos Aires), “Café 1930” en “Olvido” (Oblivion) van Astor Piazzolla, die koning van die mo­derne tango.

“El tango de Roxanne” uit die musiekspel Moulin Rouge en “Angelica” uit die fliek The Pirates of the Caribbean sal ook gehoor word.

Volgens Raath is die program saamgestel om emosies te weer­spieël, van kinderlike onskuld tot jaloesie, ekstase, drama, bedrog en eensaamheid.

Raath is ’n lid van die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO), dirigent van die OSM Camerata en het vanjaar ook die onderrig-ateljee Upper Strings vir violiste en altvioliste in Bloemfontein geopen.

  • Kaartjies kos R60 en is te kry by Petro Engelbrecht (082-824-5507), of stuur ’n e-pos na rhapsodyinbloem@­gmail.com.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.