Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tariewe in metro styg dalk

Die erfbelasting van huiseienaars en boere in die Mangaung-metro styg van 1 Julie met 6%, en dié van sakeondernemings en die staat met 0%. Dit is luidens ’n konsepbegroting van die metro wat op 31 Maart op ’n aanlyn raadsvergadering ter tafel gelê is.

Die tarief van ander dienste in die metro, wat Bloemfontein, Dewetsdorp, Wepener, Van Stadensrus, Botshabelo, Thaba Nchu en Soutpan insluit, styg ook.

Sanitasiedienste vir nieresidensiële eiendom soos sakeondernemings en staatsgeboue styg met 6%, terwyl dit vir residensiële eiendom met 5,4% styg. Eiendom waarvan die waarde R80 000 of minder is, kry dié diens gratis.

Die watertariewe verhoog van 7% tot 13%, afhangende van die verbruik, en word duurder sodra meer water gebruik word. Die beskikbaarheidsheffing op watermeters verhoog met 10%.

Daar word voorgestel dat elektrisiteits­tariewe met 5,6% verhoog, afhangende van die nasionale energiereguleerder Nersa se goedkeuring.

In die metro se konsepbegroting van R7,537 miljard vir die 2021-’22-boekjaar word kapitaaltoelae van die staat uitgesluit. Die begroting was in 2020-’21 R7,353 miljard.

Inwoners het tot Woensdag (21/04) om na die konsepbegroting op die munisipale webtuiste te gaan kyk en kommentaar te lewer of beswaar aan te teken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.