Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tennissterrewys hul slag in toernooi

Bloemnuus se Let’s Play Sportster van die Jaar vir 2019, Delien Kleinhans, is een van die jong tennissterre wat hierdie week in Pretoria aan die Afrika-tenniskampioenskapsbyeenkoms vir junior spelers deelneem.

Dié byeenkoms het Maandag (10/02) begin, met die individuele kompetisie en die spankompetisie wat Saterdag (15/02) en Sondag (16/02) beslis word.

Spelers van 16 lande, insluitend Algerië, Botswana, Egipte, Kenia, Madagaskar, Mauritius, Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika, sal teen mekaar meeding.

Volgens Tennis Suid-Afrika se prestasie-bestuurder, André de Beer, is die spelers goed voorberei.

“Die toernooi is ’n geleentheid vir tennisliefhebbers om toekomstige sterre te ondersteun.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.