Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tennistoernooi weens Covid-19 aangepas

Weens die Covid-19-pandemie sal die helfte minder junior tennisspelers as gewoonlik toegelaat word in die komende Suid-Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein.

Dié toernooi vir o.12-, o14-, o16- en o.18-groepe sou op 26 Maart begin, maar moes weens die pandemie tot 29 Oktober uitgestel word.

Verlede jaar was daar 631 inskrywings.

Om aan die regering se Covid-19-regulasies gehoor te gee het Tennis Suid-Afrika (TSA) heelwat veranderinge aangekondig.

Daar sal vanjaar geen kwalifiserende wedstryde wees nie, en slegs 32 spelers in stede van die gewone 64 sal in die hooftrekking van elke ouderdomsgroep toegelaat word. Die voorste 28 spelers sal volgens hul gekombineerde ranglysposisie ’n uitnodiging kry. TSA sal ook in elke ouderdomsgroep vier spelers op uitnodiging speelkans gee.

Streng veiligheidsmaatreëls, soos deur die regering vereis, sal toegepas word.

Geen toeskouers word toegelaat nie en sosiale afstand sal gehandhaaf word deur almal wat by die bane toegelaat word.

Die Stadion-bane sal die hoofkwartier wees, terwyl die ander wedstryde in hierdie stadium by klubs in die stad beslis sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.