Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
The Rockets op dié konsert te sien

Die vierde jaarlikse Versoeningsdag-konsert deur Boabab Entertainment vind op Saterdag 14 Desember in die Clive Solomon-stadion in Heidedal plaas.

Die doel is om ’n boodskap van hoop aan die jeug te bring. Die organiseerders is bekommerd oor die vernietigende rol wat drank en dwelms onder die jeug speel.

Boabab Entertainment is ’n nie-regeringsorganisasie wat geregistreer is om die jeug te ontwikkel, veral jong kunstenaars van Heidedal en omgewing. Deur middel van kuns word probeer om die jeug, families en vriende byeen te bring.

Talle plaaslike kunstenaars tree dié dag saam met kunstenaars van oor die land heen op. Die konsert begin om 12:00 en sal tot 01:00 duur.

Die kunstenaars sluit in The Rockets, PDA, Simple Stories, Lenthea Jantjies, Danielle Louw, DJ Pop, DJ Zeelow, Khutala en Prince Kaybee.

Toegang kos R100, R50 vir skoliere en vir kinders onder 6 jaar is dit gratis. Kaartjies kan vooraf gekoop word by Daisy’s Coffee Shop in die Lee Marco-sentrum in Heidedal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.