Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tiener straal in voorblad-mode
Lanelle Hurter, Mej. Vrystaat Tiener, in haar sonneblomrok. Dit is gemaak van Bloemnuus se voorblad van 4 Maart (inlas) en Sarie se voorblad van Januarie vanjaar.Foto: Verskaf

Bloemnuus se voorblad van 4 Maart het deel gevorm van ’n kreatiewe rok toe ’n stralende Lanelle Hurter (18) Saterdag (10/04) as Mej. Vrystaat Tiener Suid-Afrika gekroon is.

Twee afdelings van die kompetisie, Kleine Mej. Vrystaat en Mej. Vrystaat Tiener, is die naweek in die Loch Logan-waterfront aangebied.

Lianda Hurter, Lanelle se ma wat die rok saam met haar gemaak het, sê die deelnemers moes wys hoe ’n rok met herwinbare materiaal van tydskrifte en koerante geskep kon word.

Die Hurters sê met die instap vroeër by Volksblad se gebou het hulle dadelik die Bloemnuus van 4 Maart met ’n foto van geel sonneblomme op die voorblad raakgesien.

Ongeveer 20 Bloemnuus-voorblaaie later het die korset met die hulp van tokreen, ’n soort gom, vorm aangeneem.

Die twee het ook 30 Sarie-voorblaaie van Januarie vanjaar gebruik om die romp te vorm.

Lianda sê weens die inperking kon die aanbieding van dié deel van die kompetisie eers Saterdag plaasvind.

Sy sê die aanbieders, Anri Powell en Yolandé Koupis, het deur die grendeltyd deelnemers kreatief besig gehou met uitdagings.

Lanelle is vanjaar ’n matriekleerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

Sy sien uit na die jaar wat voorlê en is dankbaar vir die geleentheid.

Sy wil ander inspireer en graag ’n verskil maak.

Lianda sê danksy die hulp van die vriendelike vroue by Volksblad se ontvangs kon hulle die regte materiaal opspoor om ’n eg Vrystaatse sonneblomrok van Bloemnuus- en Sarie-voorblaaie te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.