Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Titel verdedig

Bloemfontein se kampioen-rolstoelrugbyspan moet sy titel Saterdag (13/10) in die stad verdedig. As jy nog nie rolstoelrugby gekyk het nie, dit is vinnig en ’n belewenis om die spelers in aksie te sien.

Die finale ronde van die Suid-Afrikaanse rolstoelrugbyliga word vanjaar die eerste keer in Bloemfontein aangebied en die publiek word uitgenooi om die Mustangs te ondersteun in die Madiba-arena op die Suid-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (Vista).

Die eerste halfeindstryd begin om 08:30 wanneer Mandeville die Vikings pak.

Die Mustangs speel om 10:30 in die tweede halfeindstryd teen die Impalas.

Die verloorders van die halfeindstryde speel om 13:00 teen mekaar en die twee wenspanne pak mekaar in die eindstryd om 15:00.

In aanloop tot die liga-eindstryd, speel die Mustangs se sosiale spanne, die Sexy Hoenders en die Meerkatte Vrydag (12/10) tussen 18:00 en 20:00 teen mekaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.