Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Titel verdedig

Die St. Andrew-skool sal sy nasionale T20-titel kan verdedig nadat hy die Hoërskool Noord-Kaap met 132 lopies in die eindstryd van die sentrale streek Vrydag (08/03) op sy tuisveld in Bloemfontein afgeransel het.

Reeza Alexander het vir die wenspan met ’n veelsydige vertoning uitgeblink. Hy het sy onoorwonne 31 lopies met 4/13 in drie boulbeurte opgevolg.

Saints se kaptein, Corné Viljoen, het 61 van 35 balle geslaan in die tuisspan se kolfbeurt van 193. Dit was nadat Austin Brooker (3/35) die eerste drie paaltjies laat kantel het.

Noord-Kaap kon daarna nie veel teen Saints se draaiers uitrig nie. Die besoekers is vir ’n skamele 61 uitgeknikker, waarvan Naziel Adams 20 lopies aangeteken het. Benewens Alexander het Pheko Moletsane (2/13) en Ruan Cronjé (3/15) hulle ook vasgedraai.

Die span sal die Knights van Vrydag (15/03) tot Sondag (17/03) in die nasionale toernooi in Pretoria verteenwoordig.

“Ons gaan net speel soos wat ons altyd speel. Ons gaan net fokus op wat ons moet doen,” sê Gregg Hobson, afrigter van Saints.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.