Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tjokkertoneel is ‘baanbrekerswerk’

Dit is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis (van amper 90 jaar) van die ATKV dat voornemende teater-rakkers hul talent op die planke kan bring en die reaksie op die eerste ATKV-Tjokkertoneel het verras.

“Ek is histeries opgewonde hieroor!” sê die dramaturg en toneelafrigter Alma Nel.

“Ek het ’n oproep gekry van iemand wat gesê het: ‘Hoekom het niemand al vantevore hieraan gedink nie?’

“En dit bly my by – want dit sê vir my daar is ’n behoefte, die mark is reg hiervoor en dat die ATKV ’n kolskoot tref,” sê Lizané Basson, projekorganiseerder by die ATKV.

Altesaam 30 nommers is ingeskryf vir die vier streekfeeste wat in die heel eerste jaar van Tjokkertoneel aangebied word: 6 junior spreek­kore, 8 senior spreekkore en 16 mini-toneelopvoerings.

Tjokkertoneel bied laerskoolleerlinge die geleentheid om op ’n verhoog op te tree en só stories te vertel, met die doel om eindelik liefde vir teater te kweek.

“Dis die opregte kinder­harte en oortuiging waarmee die kinders hulself uitleef met die projek wat iets is om te aanskou,” sê Basson.

Intussen het die nuwe projek wye reaksie ontlok.

“Hierdie is baanbrekerswerk van die ATKV,” meen die dramaturg Pierre-André Viviers.

Ook Retha Pool, ’n onderwyser aan die Meisieskool Oranje, is opgewonde oor ATKV-Tjokkertoneel.

“Die nuwe projek is amazing. So baie skole gaan halleluja skree.”

Die beoordelaars vir ATKV-Tjokkertoneel is Schoemé Grobler, Ira Blanckenberg en Esté Pienaar.

“As jy as liefhebber van die kunste, ’n ouer, grootouer of kinderteaterentoesias die nuwe geslag stemme wil beleef – maak seker jy woon ’n streekfees by. Dit is waar jy die verandering wat die land nodig het, sal sien en wegstap met ’n kruiwa vol hoop,” sê Basson.

Die plaaslike fees word Vrydag (04/10) by die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein aangebied.

Kaartjies is teen R30, en R10 per kind, by die deur te koop (slegs kontant).

Vir meer inligting bel Basson by 011-919-9078 of stuur e-pos na lizaneb@­atkv.org.za.

Dis die opregte kinder­harte en oortuiging waarmee die kinders hulself uitleef met die projek wat iets is om te aanskou. – Lizané Basson, projekorganiseerder

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.