Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toer neem mense terug in tyd
Dr. Johan Hattingh van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie lei die #Bloeminstawalk-toer by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke. Foto’s: Lientjie Mentz

Bloemfonteiners kon Saterdag (07/11) die eerste #Bloeminstawalk-toer meemaak om meer oor die stad – en in besonder die Anglo-Boereoorlog – te leer.

Volgens Richard Chemaly, die inisieerder van dié staptoer, het hy soortgelyke toere in Johannesburg onderneem toe hy daar gewoon het en besluit dit sal ook lekker in Bloemfontein werk.

Die engelstandbeeld by die Vergewe en vergeet-monument by die nuwe kinderlabirint.

Hy het kontak gemaak met dr. Johan Hattingh, departementshoof van toerisme en geleentheidsbestuur by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), waarna Hattingh die toer op die terrein van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke begin reël het.

Hattingh en dr. Eben Proos, ook van die SUT, het toer­gangers na talle van die monumente en standbeelde op die terrein rondgeneem.

Chemaly sê die doel met so ’n toer is dat mense met hul selfone foto’s neem en dit saam met die hutsmerk #Bloeminstawalk sommer dadelik op Instagram plaas.

“So bou ons volgelinge op en kan ons in die toekoms weer uitstappies na geskiedkundige dele van die stad reël,” verduidelik Chemaly.

Hattingh reken die Oorlogsmuseum se terrein was die ideale beginpunt vir sulke toere.

Hy het die toergroep na die Vrouemonument geneem, wat volgens Emily Hobhouse – wie se as ook hier begrawe is – simbolies is van vroue en kinders wat weens oorloë swaargekry het.

“Dit is een van slegs twee monumente oor die wêreld heen wat spesifiek aan die lyding van vroue en kinders gewy is.”

Die monument is ná die Anglo-Boereoorlog opgerig met geld wat die Afrikaner-gemeenskap ingesamel het.

“Met die besluit om die monument in 1913 op te rig, is daar op hierdie perseel aan die kant van die stad besluit. Niks besonders het op hierdie terrein gebeur nie, maar dit was ideaal geleë.”

Die nuwe kinderlabarint by die Oorlogsmuseum.

Die toergroep het ook by Die Afskeid- en Die Banneling-standbeeld stilgestaan.

Toergangers kon ook ’n draai gaan maak in die Oorlogsmuseum en by die ander strukture wat verhale uit die oorlog vertel.

Een van die nuutste toe­voegings tot die terrein is die kindergedenkmuur en -labirint wat vanjaar geopen is.

Dié gedenktuin word gewy aan al die kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog gely en gesterf het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.