Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toneelspel uitsonderlik

Die seuns van Grey-kollege (sekondêr) het uitstekend gevaar in die streekeindronde van die ATKV-tienertoneelkompetisie, wat op 11 Augustus in die Wynand Mouton-teater aangebied is.

Altesaam 20 produksies is op 10 Augustus ten tyde van die uitdunronde opgevoer en slegs vier het na Saterdag se eindronde deurgedring.

Toneelgroepe van die Hoërskool Martin Oosthuizen van Kakamas het verskeie plekke in die eindronde gevul, met Grey se groep wat die enigste van ’n ander skool in die streek was. Die toneelspelers van Kakamas het eindelik die eerste drie plekke beklee. Grey-kollege het die vierde plek behaal met die stuk Identiteit.

Die Grey-toneelspan het 38 eerbewyse ontvang. Brons word toegeken vir ’n punt tot 75% en silwer vir tot 85%.

Grey se prestasie is soos volg:

  • Silwer vir spel: Eric Diswane en Daniel Raath.
  • Brons vir spel: Eckard van Heerden, Liam Thompson, Etienne du Toit, Tristen Bruyns, Rupert Bronkhorst, Berlou Myburgh, JJ Kleynhans, Christi Myburgh, Xander Pietersen en Edmund Koen.
  • Brons vir teks: Brenda Myburgh en Berlou Myburgh.
  • Brons vir regie, kostuums en produksie: Mia-Anne O’Kennedy en Brenda Myburgh.
  • Erkenning vir deelname aan die eindronde: Herman Naudé (klank) en Lean Fourie (skadulig en verhoogbestuurder).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.