Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toneelstuk ’n smeltkroes van digkuns, drama, musiek en dans

’n Smeltkroes van digkuns, dans, musiek en drama, of choreogedig-drama, is wat gehore te wagte kan wees wanneer hulle For Colored Girls who have considered Suicide when the Rainbow is Enuf bywoon.

Dié stuk handel om vroue se strydvrae en, hoewel dit reeds in 1975 deur ’n Amerikaanse dramaturg geskryf is, het niks sedertdien verander nie.

Vroue oor die wêreld heen gaan steeds gebuk onder misbruik, depressie, identiteitskrisis en ’n gebrek aan selfliefde. Steeds is individuasie en bemagtiging nodig om hulle teen lewensaanvalle te bewapen.

Die sewe akteurs in die stuk vertel deur 19 gedigte hul verhaal. Hoewel elkeen sy eie pad loop, kom die besef dat hulle deur dieselfde wroegings geteister word en nie soveel verskil as wat hulle gedink het nie.

Die karakters se name weerspieël die kleure van die reënboog – Lady in Red, Blue, Orange, Yellow, Purple en Green. Die uitsondering is Lady in Brown.

Die skrywer, Ntozake Shange, was ’n feminis-aktivis vir die regte van swart vroue en is as Paulette Williams in New Jersey, Amerika, gebore.

Toe sy van haar eerste man geskei is, het sy verskeie kere selfdood probeer pleeg, maar deur haar woede en pyn op die beperkende omstandighede van swart vroue te fokus, het sy haar innerlike krag herwin.

Daarna het sy die Afrika-naam, wat sy van vriende in Suid-Afrika gekry het, aangeneem. Dit beteken “sy wat met haar eie dinge kom” of “sy wat soos ’n leeu loop”.

For Colored Girls word deur tweedejaar-dramastudente in Engels opgevoer, met Marijda Kamper as regisseur en Minette Reinach as choreograaf.

  • Dit wys van 12 tot 14 September om 19:30 in die Scaena-teater. Die stuk het ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar. Kaartjies kos van R25 tot R40 by Computicket.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.