Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Top-akademici benoem
Prof. Zakkie Pretorius

Die aankondiging van die wenners van die sogenaamde Oscars vir Wetenskap, die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum se South 32-eerbewyse, word Donderdag (30/07) digitaal gedoen.

Twee professore van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is onder die top-akademici wat vanjaar vir dié eerbewyse benoem is.

Prof. Zakkie Pretorius, navorsingsgenoot aan die departement plantwetenskappe, is in twee kategorieë benoem, die spesiale jaarlikse tema-eerbewys vir navorsing en ontwikkeling en innovasie in plantgesondheid, asook die leeftyd-kategorie.

Die spesiale jaarlikse tema-eerbewys word gemaak in erkenning van die Jaar van Plantgesondheid soos aangekondig deur die Verenigde Nasies.

Hy is benoem vir sy uitgebreide kennis oor gesaaides en het onlangs erelidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Plantkwekersvereniging ontvang.

Prof. Paul Oberholster

Prof. Paul Oberholster is benoem vir die forum se Waternavorsingskommissie-eerbewys.

In ’n nuusverklaring sê Oberholster dit is ’n eer om benoem te word.

Hy is deur die UV benoem vir sy wetenskaplike bydrae tot waterhulpbronbestuur in Suid-Afrika oor die afgelope tien jaar met spesiale verwysing na die veld van passiewe gryswaterbehandeling.

Sy navorsing fokus op varswater-alge as behandeling vir suur mynwaterdreinering en huishoudelike gryswater. Hy het al talle eerbewyse vir sy navorsing ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.