Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trap taai ren in rekordtyd kaf
Munga
Die Munga-bergfietswedren het verlede week van Bloemfontein tot in Wellington oor meer as 1000 km plaasgevind.

Op Woensdag 28 November het 133 dapper fietsryers by die Windmill Casino weggespring om deel te neem aan die vierde Munga-bergfietswedren van Bloemfontein tot in Wellington.

Die wedren oor 1 070 km word beskryf as een van die taaiste fietswedrenne.

Alex Harris, die wedren se stigter, stel dit in ’n nuusverklaring dat die wedren ontwerp is met ’n geskatte wentyd van ongeveer 60 uur.

Die wentyd is egter vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens oortref met die Nederlander Ramses Bekkenk wat Vrydag (30/11) in ’n tyd van 50 uur 30 minute oor die wenstreep gery het.

Dié oorwinning is ’n indrukwekkende agt uur vinniger as die wentyd wat Marco Martins in 2017 opgestel het.

Martins is Donderdag by Sutherland uit die wedren gediskwalifiseer.

Bekkenk sê hy het gedink dit is moontlik om die wedren in 53 uur te voltooi.

Hy het ’n gemiddelde spoed van meer as 20 km per uur oor die 1 070 km gehandhaaf.

Bekkenk het sedert hy Woensdag in Bloemfontein weggespring het, net drie uur gerus wat tyd vir slaap ingesluit het.

Hy glo die wedren kan in 48 uur voltooi word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.