Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Troeteldiere ’n

Om ’n troeteldier aan te skaf is byna net so ’n groot besluit soos die besluit om kinders te hê.

Dit is ’n groot verantwoordelikheid en ’n langtermyn verbintenis.

Baie is dit eens dat ’n troeteldier in die huis, veral ’n hond, wondere vir ’n kind kan beteken, mits die kind reeds van kleins af geleer word hoe om teenoor sy troeteldier op te tree.

Troeteldiere is belangrik in kinders se lewens aangesien hulle genot verskaf en kinders help om verantwoordelikhede te ontwikkel wat na volwassenheid sal oorspoel.

By sommige individue word troeteldierverhoudings soms hoër as sekere menslike verhoudings geag, veral as dit kom by vertroosting, agting, ondersteuning en vertroue.

Van die voordele daaraan verbonde om ’n troeteldier te hê, is geïdentifiseer in velde soos kinderontwikkeling, gesinsharmonie en selfs gesondheid.

Om ’n verhouding met ’n troeteldier te hê, kan ’n kind help om vaardighede soos empatie, verantwoordelikheid, omgee, kommunikasie en versorging te ontwikkel.

Volgens The Royal Children’s Hospital Melbourne het studies getoon dat kinders met troeteldiere ’n hoër selfbeeld het, verbeterde sosiale vaardighede, meer geneig is om fisiek aktief te wees, en minder geneig tot oorgewig.

Troeteldierbesit het ook ’n positiewe uitwerking op gesinsharmonie.

Navorsing toon dat gesinne met ’n troeteldier baie meer interaktiewe tyd met mekaar bestee, asook ’n vertrekpunt vir prettige aktiwiteite en vriendelike gesprekke het.

Dit skep op sy beurt weer geleentheid om belangrike onderwerpe oor die lewe aan te raak.

Die vermindering en verligting van stres wat deur dieregeselskap verskaf word, hou ook gesondheidsvoordele in.

Navorsing toon ’n afname in die risiko van kardiovaskulêre siektes, minder ernstige siektes en klagtes, sowel as minder besoeke aan die dokter, in vergelyking met kinders se eweknieë wat nie troeteldiere besit nie.

Die besit van ’n troeteldier, soos ’n hond, hou wonderlike voordele vir die kind en die gesin in.

Maar ouers moet steeds bewus wees van die risiko van besering, soos byvoorbeeld ’n hond wat byt.

Kinders moet nooit sonder toesig met honde speel nie.

Bron: www.rch.org.au

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.