Die heerlike sagte reën wat die laaste week in Januarie geval het, het my vrou laat onthou van ’n gedig van J.R.L. van Bruggen, die vader van Ampie, wat só begin: “Die reent het my tuintjie skoon gewas”.
Dit was die laaste weke maar baie droog hier in die noorde van Bloemfontein, totdat die 43 mm wat vroeër in die maand geval het, in die laaste week van Januarie deur drie buie opgevolg is om die totaal vir die maand op 74 mm te staan te bring.
Dit teenoor die 97 mm van Januarie 2018 en die 44 mm van Desember 2018.