Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee sweef kuslangs om jong drome te bewaarheid

Dit kos net een kyk in die oë van ’n kind met ’n lewensbedreigende siekte, maar wat steeds kan droom, om te verstaan hoekom twee avonturiers van die een uithoek van Suid-Afrika na die ander valskermsweef.

Joe Pelser (45) en Kobus Robbertze (47) weet dit is ’n groot taak om die wind en weer vir meer as 2 500 km in die lug met ’n gemotoriseerde valskerm­sweeftuig (paramotor) aan te durf.

“Ons kan hiermee genoeg bewusmaking­ wek en genoeg geld insamel om hierdie kinders, wat so dapper veg, se drome te bewaarheid,” sê Pelser, ’n projekbestuurder­ in Bloemfontein.

Die twee mans van Bloemfontein se Fly for a dream-projek het op Sondag 31 Maart in Alexanderbaai in die Noord-Kaap begin.

Hulle beoog om binne ’n maand kuslangs tot by Kosibaai in KwaZulu-Natal te valskermsweef.

“Ons sal probeer om langs die kuslyn te bly, maar daar is plekke waaroor ons nie mag vlieg nie, soos naby lughawens,” verduidelik Pelser.

As die weer saamspeel, kan hulle skofte van drie ure se vlieg inpas voordat hulle ’n ruskans vat.

Hulle behoort dan so 100 km per dag af te lê.

’n Ondersteuningsvoertuig ry padlangs saam, en verskeie mense het slaapplek aangebied.

“So baie mense het reeds hulp aangebied, en ons projek word deur die Reach for a Dream-stigting en die South African Hang Gliding and Paragliding Associa­tion (SAHPA) gesteun.

“Laasgenoemde help ook met die logistieke reëlings,” sê Pelser.

Dit is ’n grootse avontuur, maar Pelser en Robbertze moet iets asemrowends doen om die beoogde R500 000 in te samel.

“Ons moet mense bewus maak van hoeveel kinders aan lewensbedreigende siektes ly. Dit kos Reach for a Dream tussen R2 500 en R4 000 per kind om hul drome te bewaarheid. En weet jy, die kinders se drome is nie eens buitensporig nie. Sommige kinders wil net ’n nuwe rok of ’n spesifieke speelding hê,” sê Pelser.

“As ’n meisie vier jaar oud is en op chemoterapie leef, en haar grootste begeerte is om kolwyntjies te bak . . . Jy moet die vreugde op daardie gesiggie sien in die oomblikke wat sy dit kan doen.”

Robbertze was voorheen as fotograaf by Reach for a Dream se projekte betrokke, en Pelser was ’n paar keer saam.

“Ons het toe weer besef hoe bevoorreg ons is om gesonde kinders te hê.”

  • Besoek die Facebook-blad Fly for a dream om hul reis te volg.– Hanti OttoVolg hier hul droom om kinderdrome te bewaarheid: https://www.facebook.com/fly.for.a.dream/ en https://www.flyforadream.co.za/
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.