Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tweede boek in trilogie op rak

Die Bloemfonteinse skrywer Irma Joubert se tweede boek in haar oorlogstrilogie is op Donderdag 23 November by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) bekendgestel.

Die boek Mentje, kind van Pas-Opkamp is die tweede boek in die reeks ná Immer Wes, wat in 2015 gepubliseer is.

Irma vertel Immer Wes speel gedurende die Eerste en Tweede Wêreldoorlog in Duitsland en Namibië af. Die nuwe boek speel meestal tydens die Tweede Wêreldoorlog en kort daarna in Nederland en Suid-Afrika af.

  • Sy sê die derde boek behoort iewers in 2020 te verskyn en sal in Engeland en Botswana afspeel.

Irma het verskeie van haar boeke in Afrikaans en Engels, asook vertalings, aan Naln geskenk. Sy het met die bekendstelling ook eksemplare van haar jongste vertalings van boeke en bemarkingsbaniere geskenk. Die bemarkingsbaniere is gebruik om sekere aspekte van Mentje tydens die bemarkingstoer oorsee en deur Suid-Afrika heen, uit te lig.

Meer as 80 gaste het die geleentheid bygewoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.