Danksy die gewildheid van die kompetisie, is inskrywings vir Mej. Bloemfontein Roos tot Saterdag 15 September uitgestel.
Meisies van 15 tot 27 jaar kan hulle inskryf. Inskryfvorms is by Lilly’s Biltong in die Fleurdal Mall in Vereenigingrylaan beskikbaar.
Elke inskrywing moet deur ’n kop-en-skouer-foto van die deelnemer vergesel word.
Die deelnemers sal op Donderdag 20 September in Bloemnuus bekend gemaak word.
’n Beoordelingsessie om die 12 finaliste te kies, sal op Saterdag 22 September gehou word, waarna hulle op 27 September in Bloemnuus sal pronk.
Die 12 finaliste sal verskeie werksessies en uitstappies onderneem. Die beoordelaars sal weer op Saterdag 6 Oktober onderhoude met hulle voer.
Die kroningsplegtigheid vind op Donderdag 11 Oktober in die Fleurdal Mall plaas. Kaartjies vir dié geleentheid sal by Lilly’s Biltong in die Fleurdal Mall beskikbaar weees
Die nuwe Rooskoningin kan onder meer na ’n skeepsreis vir twee mense, geborg deur Fleurdal Mall, uitsien.
Dit is maar net een van die pryse wat vanjaar in die Fleurdal Mall en Bloemnuus se Mej. Bloemfontein Roos-kompetisie gewen kan word. Benewens die opwindende bootreis van 15 tot 18 Maart vir Mej. Bloemfontein Roos 2018, is vVan die ander pryse vir die wenner en finaliste sluit in:
- Bloemnuus gee geskenke aan die koningin en twee prinsesse.
- Past & Present Books verseker dat finaliste met beoordelingsessies rose ontvang.
- IRA borg die koste van die wenner se kroningsband.
- House & Home in die Fleurdal Mall verskaf aan die wenner ’n geskenk.
- Senforce Guarding, Armed Reaction & Cleaning bied vir die 12 finaliste ’n selfverdedigingsklas aan tydens een van die uitstappies wat die 12 finaliste sal bywoon. Die klas word by Senforce se Line of Fire-skietbaan aan.
- H2O gee aan die wenner ’n watersuiweraarseenheid, en die 12 finaliste sal ’n H2O-geskenk ontvang.
- Eerste Geluk Motors borg die koste van die seremoniemeester op die kroningsgeleentheid, asook die Rooskoningin en haar twee prinsesse se kroningshandruikers.
- HiFi Corp in die Fleurdal Mall skenk aan die rooskoningin ’n 28-liter Diamond-mikrogolfoond.
Sien meer inligting oor al die pryse op Bloemnuus se Facebook-blad.
Die wenner en deelnemers mag geen van hul pryse, geskenke of geskenkbewyse vir kontant omruil nie.
Rig navrae aan Amanda van Rensburg by 051-522-8141.