Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitstalling werp lig op teleskoop
Boyden
’n Uitstalling van die 13 duim Alvan Clark-teleskoop waarmee die eerste foto's van Mars geneem is, is op Saterdag 24 November by die Boyden-sterrewag geopen.
Boyden
Dawie van Jaarsveld, dosent aan die Universiteit van die Vrystaat en opvoedkundige beampte by die Boyden-sterrewag, by die nuwe uitstalling oor die Alvan Clark-teleskoop.

’n Besonderse uitstalling oor die teleskoop waarmee die eerste foto’s van Mars in 1888 geneem is, is op Saterdag 24 November by die Boyden-sterrewag geopen.

William Pickering het in 1888 foto’s van Mars met dié teleskoop by die Harvard-sterrewag in Amerika geneem.

Dié teleskoop, bekend as die 13 duim Alvan Clark-teleskoop, is in 1929 by die Boyden-sterrewag net buite Bloemfontein vir navorsing in die Suidelike Halfrond geïnstalleer.

Boyden, die eerste navorsings-sterrewag wat in die Suidelike Halfrond gebou is, dien as navorsingsentrum en museum en beskik vandag oor sewe teleskope.

Dawie van Jaarsveld en prof. Matie Hoffman, dosente aan die Universiteit van die Vrystaat, het dié uitstalling op ’n toer van die Vriende van Boyden aan die publiek bekend gestel.

In die vertrek waarna toergroepe saans na onder meer die planeet Mars kan kyk, is daar nou ’n verligte fotobeeld van die geskiedenis van dié teleskoop, inligting oor navorsing oor Mars, asook ’n voorbeeld van die plate waarmee die foto’s destyds geneem is.

Die Harvard-sterrewag het in 2016 twee oorspronklike plate waarmee Pickering in 1888 die foto’s van Mars geneem het, aan die Boyden-sterrewagmuseum geskenk. Interessant genoeg is die eerste kleurfoto’s van Mars in 1939 in die Lamont Hussey-sterrewag op Naval Hill deur Earl Slipher geneem.

Die Lamont-teleskoop is onlangs in die veld op Naval Hill gevind en word nou voor die Naval Hill-planetarium opgerig.

Van Jaarsveld, opvoedkundige beampte van Boyden, sê hulle neem gereeld toergroepe na die Naval Hill-planetarium en na die Boyden-sterrewag.

Die Naval Hill-planetarium is in 2013 as die eerste digitale planetarium in Suid-Afrika omskep.

Die Boyden-museum is ’n ware skatkis van inligting oor die hemelruim, asook die geskiedenis van sterrekyk by Boyden en in Suid-Afrika.

Tydens Saterdag se geselligheid het Quinton Kaplan, ’n meestersgraadstudent, die gehoor van sy navorsing oor die unieke AR Scorpii-binêre stelsel vertel.

  • Benewens toergroepe en ope-aande, word daar gereeld op Saterdagaande vertonings oor die hemelruim in die Naval Hill-planetarium vertoon. Volg die Facebook-blad Boyden Observatory and the Naval Hill Planetarium vir meer inligting oor opkomende vertonings en toere.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Bloemnuus  |  Boyden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.