Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Unieke talente met liefde ontgin
Drie van die flukse vroue met van die produkte wat hulle maak, is van links Rina Herman, Ronel van den Heever en Elize Herman.Foto’s: Lientjie Mentz

Met elke produk wat kunstig verpak is, word een of meer van die inwoners van die Vrystaat-nasorgsentrum se talente ten toon gestel.

Katrientjie se Winkel is die uitkoms van vier flukse vroue wat 30 inwoners van dié sentrum se vaardighede geslyp het sodat hul handgemaakte produkte aan die publiek beskikbaar gestel kan word.

Marlene Wessels, die naaldwerk-onderwyser wat haar twee jaar gelede by die sentrum aangesluit het, het onlangs dié winkel ingerig.

Alles in die winkel is handgemaak of met die hand versier, soos hierdie geverfde houertjies.

Hier word onder meer gehekelde speelgoed en babakomberse, sakke en voorskote met prettige slagspreuke en sigaretaanstekers te koop aangebied.

Inwoners is geleer om hekel-, verf-, draad- en naaldwerk te doen.

“Aanvanklik het die mense vir my gesê hulle kan nie iets maak nie, maar ek het vir hulle gesê: As jy tien vingers het, kan jy iets maak,” sê Wessels.

“Ek, Marita Cucciolillo, Emmerentia Wepener en Lucy Seutloadi het mettertyd vasgestel waar elkeen se talente lê, en nou help ons hulle om die mooiste produkte te maak.

“Die voorraad is uniek omdat ons tyd gebruik om gehalte­produkte te maak, eerder as om baie van dieselfde te maak.

“As die gebreide babakombersie uitverkoop is, dan is dit so.”

Sy sê haar gunsteling-deel van haar werk is om vir die inwoners te wys hoe hul produkte lyk wanneer dit afgerond en netjies verpak is.

“Dan is hulle darem so trots op hul werk.”

Enigiemand kan Katrientjie se Winkel besoek om spesiale geskenke te koop en sodoende ’n kosbare saak te ondersteun.

Marlene Wessels spog met van die produkte wat in Katrientjie se Winkel te koop aangebied word.

“Elke kruisstekie, geverfde blikkie, juweliershouertjie of spoggerige hoed is met soveel liefde gemaak,” sê Wessels.

“Ek sê altyd vir die inwoners God se gees in hulle is nie gestrem nie. God het vir elkeen unieke talente gegee – ons moet dit net ontgin.”

Volgens Erika Hack, direkteur, het die sentrum 160 inwoners en 20 dagwerkers.

Sy sê besoekers kan binne werksure na die inhoud van die winkel kom loer, maar spesiale ope dae sal ook voortaan aangebied word.

Die eerste ope dag is Vrydag (16/10) van 10:00 tot 17:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.