Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Valkyrie’ wil siele voed

Lize-Maré Markgraaff bied op 22 Februarie haar eerste solo-sangprojek aan.

Sy het die afgelope paar jare haar liefde vir musiek in groepsang uitgeleef – eers as lid van die Bloemfonteinse kinderkoor, en daarna in ’n Kovsie-sergroep.

“Dit is nou tyd dat ek waagmoed aan die dag lê om my eie projek aan te pak.”

In die vertoning Klaagliedere van ’n Valkyrie neem sy luisteraars op ’n sentimentele tog met treffers van Dusty Springfield, John Mayer en Richard van der Westhuizen. Sy word vergesel deur Dries Hymann van Disselblom-faam op die baskitaar, Heinrich Lategan op klavier en Tiaan Kussman op tromme.

Volgens Lize-Maré is kinder­musiek eintlik haar forté en sy neem nou die kinderalbum Toeks & Tielman op.

Tog is sy opgewonde oor die nuwigheid van Klaagliedere van ’n Valkyrie.

“Dit is ’n projek wat my en die gehoor se siel sal voed,” sê sy.

Maar vanwaar die vertoning se naam? Lize-Maré vertel dat Hein Griesel van die Aasvoëlklub haar jare gelede as ’n valkyrie gedoop het.

“Hy sê my voorkoms herinner hom aan dié oud-Noorse mitologiese figuur. Klaagliedere verwys na die liedjiekeuses van die aand – donker en diep.”

Die vertoning vind om 20:00 by die Aasvoëlklub plaas.

Kaartjies kos R100 en is by Kiki Corner in Langenhovenpark beskikbaar. Om plek te bespreek, stuur ’n e-pos na vultureclubevents@­gmail.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.