Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns van liedjieskryf toegelig

’n Werksessie waarin deelnemers aan Al die Pad van Bloem meer kon leer en gesels oor die skryf van liedjies, is Saterdag (08/06) by die Urth-tuinsentrum aangebied.

William Loots, onderwyser aan die Hoërskool Sentraal, het die sessie aangebied.

Hy was lank die liedjieskrywer vir die groep Soul Proxy en is gekies as een van die tien beste liedjieskrywers in die ATKV se Crescendo-liedjieskryfkompetisie. Loots, in die musiekwêreld bekend as William Wolf, word as een van die beste liedjieskrywers in die land beskou.

Al die Pad van Bloem bring 15 oorspronklike liedjies – geskryf en opgevoer deur plaaslike kunstenaars – in een projek byeen. Enkele deelnemers is van verlede jaar, maar heelparty is vanjaar die eerste keer deel van die projek.

Al die pad van Bloem gaan ’n skouspel van plaaslike musikante en vervaardigers uit die stad wees. ’n CD met die liedjies word nou saamgestel en daar is ook ’n vertoning op vanjaar se Vrystaat Kunstefees.

Dié vertoning vind op 2 Julie om 19:30 in die Kopanong Kovsiekerk plaas. Kaartjies kos R90 en is by Computicket beskikbaar. Die plaaslike groep Cantando@ Bloem gaan dan ook optree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.