Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vanjaar se mooiste matriekrok gesoek

Meisies wat vanjaar ’n matriekafskeidgeselligheid bywoon, kan hul rok vir die Loch Logan-waterfront en Bloemnuusse Matriekrok van die Jaar-kompetisie inskryf.

Die rok kan deur enig­iemand gemaak wees.

Al die inskrywings sal op Bloemnuusse Facebook-blad en Instagram-profiel, asook die Loch Logan-waterfront se Instagram-profiel, vertoon word.

Meisies kan gehalte-foto’s van groter as 500 KB van hulself in die rok na lientjie.­mentz@media24.com stuur.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 15 Oktober.

Die finaliste sal op Donderdag 18 Oktober in Bloemnuus aangekondig word.

Hulle sal ook as deel van die Rosefees op 20 Oktober hul rokke by die Loch Logan-waterfront kan vertoon, waarna die wenners aangekondig sal word.

  • Skakel 051-448-3607 of stuur e-pos na marketing@­lochlogan.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.