Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veldtog ‘eis’ stad stuk-stuk terug

Die Mangaung-metro het sy veldtog vir die “terugeis van die stad”, wat alle dienslewerings-direktorate insluit, in oënskou geneem.

Só sê Qondile Khedama, woordvoerder van die metro.

“Dit is ’n inisiatief van Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester, wat almal aangemoedig het om deel te neem sodat die stad sy visie bereik van ’n veilige, aantreklike stad om in te leef, werk en belê.”

Anders as die burgemeester se skoonmaakprojek in samewerking met die private sektor, meen Khedama die direktoraat maatskaplike diens het in Oktober 2016 met ’n program begin wat die afdelings vir verkeersveiligheid, wetstoepassing, omgewingsgesondheid en polisie betrek.

“Die fokus is die onwettige smouse, wegneemete-ondernemings en kroeë wat regulasies oortree, die toeslaan op sekere verblyfverskaffers, asook probleme soos drink in die openbaar en geraas in die stad.”

Hy sê die belangrikste komponent van die “terugeis van die stad”-veldtog is om toe te sien dat mense gehoor gee aan die metro se munisipale regulasies.

“Ons het ook ons fokus toegespits op sommige strate wat knelpunte in die Bloemfonteinse stadskern is, soos Ellastraat in Willows. Dit is hoofsaaklik ’n studentegebied”.

Regeringsdepartemente en -agentskappe­, die polisie, die Vrystaatse dobbel-en-drankowerheid en hoëronderwys-instansies is by die veldtog betrokke.

Khedama sê die veldtog is intussen verskerp. Prestasies wat van 29 April tot 4 Mei behaal is, is soos volg:

  • die verkeersdepartement het in samewerking met die Vrystaatse verkeersdepartement 2 865 boetekaartjies uitgereik;
  • 40 voertuie is geskut;
  • 71 permitte is vir informele handelaars in die Floreat Mall in Bloemfontein se sakekern uitgereik;
  • die begruising van Botshabelo se afdeling R-gebied is nou 60% voltooi;
  • wyk 50 se probleme met huise wat onder water was, het aandag gekry en uitgrawings vir nuwe waterafvoerkanale is gedoen;
  • 67 plekke in die Bloemfonteinse sakekern is skoongemaak;
  • Tierpoort en Vanstadensrus se chemiese toilette is afgelewer;
  • 208 van die 239 waterlekke in Thaba Nchu het aandag gekry;
  • 318 van die 500 rioolblokkasies in Bloemfontein het aandag gekry (469 was gewone klagtes, terwyl 31 mangate was wat ingeval het);
  • waterlekke in Botshabelo is reggemaak; en
  • 60% van die gras by stadsingange soos die Bram Fischer-lughawe, Maselspoort en Nelson Mandela-rylaan is gesny.

Khedama sê werk word daagliks in ’n groot klomp wyke gedoen.

“Ons sal die publiek op die hoogte hou van dienslewering, en die inligting sal in fases gedeel word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.