Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verbly kinderharte

Hy het eendag sowat 19 jaar gelede deur Freedom Square in Mangaung se strate geloop en gesien hoe die voorskoolse kinders oral in die strate speel. Net daar het die Here met hom gepraat en vir hom gesê hy moet na hierdie kinders omsien.

So gesels pastoor en sendeling Peter Howe oor die reuse-taak wat hy en sy vrou, Petro, soveel jaar gelede aangepak het om lewens te verryk en vir die kinders ’n beter toekoms te gee.

Petro vertel dat hulle aan die begin vir sowat 50 kinders in ’n tent begin bedien het. Vandag is daar in die uiters netjiese skool in Namibia sowat 250 kinders van ouderdomme van twee jaar tot gr. O, en 17 personeellede.

Tshepo Day Care and Pre-School Centre is as ’n nie-winsgewende organisasie onder beheer van die Tshepo-stigting gestig. Patricia Moleko is die skoolhoof. Petro sê al die personeel het ’n sertifikaat in vroeë kinderontwikkeling en almal word aangemoedig om te studeer.

Die ouers betaal R350 per maand per kind en elke kleuter ontvang ontbyt, snoephappies en ’n gekookte middagete.

Die vroue van die Lewende Woord se Immergroenklub het Donderdag (30/05) vir al 250 kinders en die personeel wolmussies gebring wat flukse lede van dié klub gebrei het.

Peter het die groep vroue en mans bedank vir die mooi gebaar en gesê dit is soveel meer spesiaal omdat hul skenking op Hemelvaartdag gemaak word.

Peter sê hulle het nog baie planne om verder uit te brei. Hulle beplan onder meer om die oop stuk veld langs die skool, met die ondersteuning van die Mangaung Metro se parke-afdeling, in ’n park en speelplek vir die omgewing se kinders in te rig. Petro sê hulle is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning en ook die studente van die Universiteit van die Vrystaat wat gereeld help met geldinsamelings en om die skooltjie mooi te maak.

Van dié studente het onder meer ’n motorwrak heldergeel geverf en dié apparaat waarop kinders sal kan klouter, gaan binnekort in die parkie speelplek bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.