Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verhaal vier vriendskap

Die multi-talentvolle aktrise, skrywer, kunstenaar en kok Susan Coetzer het Dinsdag (08/05) haar nuutste boek, Selma en Louise, in Bloemfontein bekend gestel.

Die bekendstellingsgeleentheid, wat deur Exclusive Books in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) aangebied is, is die eerste in ’n landwye toer wat Coetzer onderneem.

Selma en Louise is die eerste van haar boeke wat deur Human & Rousseau uitgegee word.

Coetzer sê dié uitgewer het vir haar ’n hoë standaard gestel en sy het hard gewerk om van die boek iets besonders te maak.

Selma en Louise is ’n roman oor twee beste vriendinne wat mekaar in st. 2 ontmoet.

Hulle is vir 40 jaar daar vir mekaar en dan word hul vriendskap op die proef gestel.

Selma klim op ’n vliegtuig na Indië met die hoop dat hierdie reis, die vreemde in, haar weer ná ’n liefdesteleurstelling sal heelmaak.

Hoewel dié lekkerleesroman propvol humor en ligte oomblikke is, is daar genoeg donker dele om Selma en Louise as karakters heelwat diepte te gee.

Coetzer sê dat sy baie oor Indië nagelees het en met baie mense oor hul ervarings in dié land gesels het.

Sy sê in die middel van die skryfproses het daar toevallig ’n span Bollywood-akteurs in haar huis gebly en kon sy met hulle gesels en hul kultuur beter leer ken.

Die verhaal herinner aan Elizabeth Gilbert se biografiese roman Eat Pray Love waarvan daar ’n rolprent, met Julia Roberts in die hoofrol, vervaardig is.

Selma en Louise is egter ’n eg Suid-Afrikaanse verhaal met karakters waarmee lesers hulle maklik kan vereenselwig.

  • Een Bloemnuus-leser kan ’n kopie van Selma en Louise wen deur Bloemnuusse Facebook-blad te besoek.

Lesers wat dit nog nie gedoen het nie, kan die blad “like” en dan ook die foto van die voorblad “like” om ’n kans te staan om die boek te wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.