Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verkeersirkels vir talle ’n tameletjie
DIE korrekte manier hoe om te ry by ?n verkeersirk
Die korrekte manier hoe om te ry by 'n verkeersirkel met dubbelbane word in dié illustrasie verduidelik.

O wee! As iemand eers oor die bane om ’n groot verkeersirkel swenk en voor jou beland sodat jy rem moet trap of selfs tot by die volgende uitgang moet ry. . .

Waarom is daar soveel mense wat verkeersirkels met onkunde benader?

Seker een van die gevaarlikste sirkels in Bloemfontein is die een by die Laerskool Willem Postma. Heelwat bestuurders verstaan nie eers vier uitgange nie – wat nog te praat van vyf?

Ek moet bieg, ek het jare gelede deeglike instruksies vir sirkelryery gekry van ’n vriendin wat in Welkom grootgeword het. Vir Welkomiete is Bloemfonteiners se onkunde en onverskilligheid in ’n verkeersirkel absurd.

Tog is die beginsel eintlik eenvoudig as jy by die verkeers­reëls hou.

As die verkeersirkel ’n dubbelbaan het, moet jy besluit in watter baan jy wil wees voordat jy dit betree.

jy voor jy by die sirkel kom besluit in watter baan jy wil wees. As jy in die buitenste baan is, het jy net twee opsies – jy kan by die eerste of tweede uitgang uitgaan. As jy verder as dit in die sirkel ry, is die kanse goed dat jy voor iemand gaan beland en ’n ongeluk veroorsaak.

As jy egter in die binnebaan is, mag jy glad nie by die eerste uitgang uitgaan nie.

Nooit nie.

Jy mag wel by enige van die ander uitgange uitry. Onthou net altyd om jou flikkerlig te gebruik sodat bestuurders om jou weet wat jy gaan doen.

Nog ’n tameletjie by Willem Postma se sirkel is dat jy noodgedwonge van bane moet wissel as jy uit die suide kom en by Poultney­straat langs die skool moet indraai. Die dubbelbaan verander daar in ’n enkelbaan.

Die belangrikste reël oor verkeersirkels is dat jy moet toegee vir verkeer wat van jou regterkant af kom.

Dan is daar die klein sirkels in veral Langenhovenpark en Olympusrylaan.

Volg die verkeersaanduidings, dan sal jy nie ’n fout maak nie.

Wanneer jy die sirkel benader, moet jy spoed verminder.

DJy moet spoed verminder as jy daar kom en die motor wat eerste by die sirkel kom, kry ryvoorrang.

Geen mens kan om die sirkeltjie in Olympus­rylaan vanuit die suide in Hippocrene­straat regs draai sonder om die bestuurder van die aankomende voertuig goed in die oë te kyk om te sien of hulle gaan aanry of remnie.

By sommige sirkels soos dié in Langenhovenpark mag bestuurders in die buitenste baan reguit ry, Dit werk ook ’n bietjie anders terwyl dié in die binnebaan moet toegee aan die bestuurder wat eerste daar is.

Kyk mekaar in die oë – maak seker julle weet wie is aan die beurt.

Waar oogkontak wel nie sal help nie, is wanneer bestuurders hulle nie veel steur aan ’nie verkeersirkels steur hulle ook nie veel aan ’n verkeerslig wat pas rooi geword het nie.

Ek het al in Nelson Mandela­rylaan – in spitsverkeer – ’n bus in volle vaart oor ’n rooi verkeerslig sien jaag.

Van minibus-taxi’s wat in eenrigtingstrate opry en voor verkeer indraai – of op enige plek stilhou – praat ek nie eers nie. Of op enige plek stilhou.Ek praat nie eers

Ek het nou al probeer om soos ’n taxi- of busbestuurder te dink, te kyk waar passasiers moontlik opgelaai kan word.

Natuurlik kan heelwat gedoen word om verkeersvloei in die stad te reguleer en bestuurders by spoedbeperkings – en op hul hoede – te hou en deur middel van sigbaarheid bestuurders meer op hul hoede te laat bestuur.

Die antwoord?

Verkeersbeamptes.

Dit is nou daardie mense wat amptelik aangestel is om deur middel van verkeersboetes ’n waaksame ogie oor die stad se verkeer te hou.

Wanneer laas het jy een van dié dapper wesens in die strate gesien?

Die DA sê in ’n verslag R18 miljoen is afgeskryf vir uitstaande verkeersboetes van 2016 tot 2019.

Mense oortree nie bloot links en regs die verkeersreëls nie – So nie net oortree mense links en regs verkeersreëls nie,die metro verloor ook miljoene rande omdat die boetes wat wel uitgeskryf word, afgeskryf is.

As die verkeersbeamptes meer sigbaar is, sal Bloemfonteiners (hopelik) beter aan verkeersreëls voldoen.

Jou veiligheid is die belangrikste. Ry versigtig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.