Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dank vir hul toewyding
Montseng Tsiu, LUR vir die department gesondheid in die Vrystaat Health en Stoney Steenkamp van Absa. Foto’s: Lientjie Mentz

Die lekker warm komberse wat die 700 geregistreerde verpleeg­kundiges van die Pelonomi-hospitaal Vrydag (15/05) elk ontvang het, is net ’n klein blykie van waardering vir die waardevolle werk wat hulle elke dag doen.

Só het Stonie Steenkamp, uitvoerende hoof van streeks­bediening in die sentrale streek, namens Absa gesê.

“Die Covid-19-pandemie het beslis die fokus geplaas op die noodsaaklike werk wat ons medici aan die voorpunt verrig, veral ons verpleegkundiges,” het Steenkamp gesê.

“Hul opofferings is onmeetbaar en hulle veg daagliks dapper teen die pandemie om ons onthalwe.

“Hul werk raak so baie van ons se lewe.

“Julle is die onsigbare krag wat voor veg teen Covid-19.”

Internasionale Verpleegstersdag is amptelik op Dinsdag 12 Mei gevier en as deel van sy dank­betuiging aan die meer as 14 000 geregistreerde verpleeg­kundiges in 11 staatshospitale oor die land heen, het Absa aan elk ’n kombers as geskenk gegee.

Montseng Tsiu, LUR vir gesondheid in die Vrystaat, het op haar beurt die verpleegkundiges vir hul harde werk bedank.

“Toe die Wêreldgesondheids­organisasie aangekondig het dat vanjaar die jaar van die verpleegkundige en vroedvrou sou wees, het hy nooit kon dink juis hoe ’n belangrike rol hierdie mense vanjaar teen ’n internasionale pandemie sou speel nie,” het Tsiu gesê.

Die jaar van die verpleegkundige en vroedvrou val saam met die herdenking van Florence Nightin­gale, wat as die moeder van verpleegkunde beskou word, se geboortedag 200 jaar gelede.

“Hierdie komberse gaan die verpleegkundiges lekker warm hou wanneer hulle vroegoggend gereed maak om hul belangrike werk te kom doen.”

Tsiu het Absa vir die skenking bedank.

Liza Kumalo, koördineerder van die geregistreerde verpleegkundiges aan Pelonomi, het Vrydag gesê hulle versorg agt pasiënte met Covid-19.

Sy het gesê daar word mooi na die gesondheid en veiligheid van die verpleegpersoneel omgesien.

Absa het ook R17,2 miljoen geskenk aan verskeie projekte wat daarop gemik is om die humanitêre invloed van Covid-19 te verlig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.