Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verskeidenheid simfonies
Jacobus Silwer

Twee bekende sangers gaan Saterdag (05/11) saam met die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) optree in dié orkes se laaste konsert vir die jaar.

Dit begin om 18:00 vir 19:00 in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin.

Alexander Fokkens, die dirigent van die FSSO, sê daar gaan ’n groot verskeidenheid musiek wees.

Die program bestaan uit ’n mengsel van ligte klassieke en klassieke musiek, met enkele kontemporêre nommers.

“Dit is ook lekker om plaaslike sangtalent saam met ons op die verhoog te verwelkom.”

Kimmy Skota is ’n wêreld­beroemde operasanger wat byna tien jaar lank saam met André Rieu op internasionale verhoë opgetree het.

Kimmy Skota

Fokkens sê Skota het verlede jaar saam met die orkes opgetree, en hulle wou graag weer met haar ’n verhoog deel.

Ook die Bloemfonteinse sanger Jacobus Silwer gaan ’n paar liedjies sing.

Die kaartjies vir die FSSO-tuinkonsert kos R50 en is by Computicket beskikbaar.

’n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar, en streng Covid-19-regulasies sal geld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.