Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verskuiwing wek kommer by personeel

Bekommerd en beswaard, Bloemfontein:

Die bestuur van Postbank het besluit om terug te trek na sy ou gebou in Oos-Burgerstraat, oorkant die Central Park-sentrum by die taxi-kerngebied.

Die meeste van die personeel het hul ontevredenheid teen dié skuif uitgespreek, maar sonder sukses.

Werknemers is bang, want die misdaadsyfer in dié gebied is hoog en die omgewing vuil. Die munisipale dienslewering hier is van die swakste in die stad.

Dit lyk ook asof polisiëring hier nie op standaard is nie. Die meeste van die Postbank-werknemers is vroue en verskeie van hulle het in die verlede al saam met die publiek hier onder misdadigers deurgeloop. Handsakke en juwele word gegryp en selfone geroof. Van die grypdiewe is baie hardhandig.

Oor dié vrese en ontevredenheid is die bestuur egter min gepla.

Die bestuur van instellings maak altyd daarop aanspraak dat hulle die belange van werknemers op die hart dra, maar nie in die geval nie.

Die kantoor is destyds juis na Langenhovenpark verskuif weens die risiko’s vir die registrasie van ’n volwaardige bank.

Dit laat ’n mens wonder of die omstandighede so drasties verbeter het dat hulle nou met ’n geruste hart kan terugtrek.

Die middestadgebou is binne erg geplunder. Elektriese drade is uit die mure geruk, lugversorgers verwyder, vensterknippe gesteel en dies meer.

Is dit die moeite werd om soveel geld te bestee terwyl die gevaar bestaan dat ’n verskuiwing later weer nodig kan wees?

Of steek hier iets anders agter die besluit? Gaan iemand dalk persoonlike voordeel hieruit trek?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.