Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vertoonvenster help skrywers

Kreatio, ’n aanlyn platform vir skrywers, beplan ’n projek om aan plaaslike skrywers en digters ’n elektroniese vertoon­venster te bied.

Plaaslike skrywer Francois Meyer, stigter van Kreatio, sê met die uitbreking van Covid-19 en die staat van inperking word talle Suid-Afrikaanse skrywers en digters se boekbekendstellings en bemarkingsveldtogte negatief beïnvloed.

“Kreatio wil gratis ondersteuning bied aan skrywers wat deur die pandemie geraak word. Ons oogmerk met die #SterkerSaam-projek is om aan skrywers se nuutste publikasies blootstelling te gee.”

Meyer sê Kreatio borg die aanlyn verspreiding en bemarking van die vertoonvenster.

“Met #SterkerSaam wil ons aan Afrikaanse en Engelse skrywers die geleentheid bied om selfgepubliseerde werk, asook werk wat van tradisionele publikasie­metodes gebruik maak, aan lesers bekend te stel om boekverkope aan te hits,” sê hy.

Die projek is gemik op skrywers wat van 1 Maart tot einde April boeke of bundels bekend stel.

Skrywers wat hul werk vir die projek wil inskryf, moet voor Donderdag 9 April ’n e-pos na info@kreatio.co.za stuur.

Afrikaanse en Engelse digters kan hulle ook tot 31 Maart vir Kreatio en 7 Drukkers se 2020-poësiekompetisie inskryf.

Inskrywings is gratis, en ’n self­publikasieprys ter waarde van R5 000 is op die spel.

Belangstellendes kan kreatio.co.za/2020 besoek om hulle aanlyn in te skryf en die reëls vir die kompetisie te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.