Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier jou eie Afrikaans

Afrikaans.com se nuutste digitale veldtog doen ’n beroep op alle Afrikaanspraters om hul taal te laat tel.

Jy hoef nie meer verleë te voel omdat jy nie die sogenaamde standaard-Afrikaans praat nie, of omdat jou uitspraak kwansuis te plat, te rond of te wat ook al is nie.

Afrikaans.com sê dit is juis die interessante en kleurryke verskeidenheid van Afrikaans en sy sprekers wat gevier moet word.

Ons is elkeen uniek, daarom tel ons elkeen se Afrikaans in watter situasie of plek jy jou ook al bevind. Afrikaans steek grense oor. Afrikaans is oral.

Neem jou taal saam waarheen jy ook al gaan, want dit is deel van wie jy is.

Word deel van die gesprek en neem deel: Gaan na www.afrikaans.com, klik op die Projekte-blokkie op die tuisblad en kyk na die drie veldtog­video’s: Eerste ontmoeting, Buitelandse vakansie en Stereotipes.

Ons is seker dat iets soortgelyks al met jou gebeur het en dit is wat ons wil hoor – jou unieke storie. Of laat weet sommer net wat jy doen om jou taal te laat tel.

Gebruik #jouafrikaanstel en deel jou ervaring op die Facebook-blad (https://web.facebook.com/afrikaansdotcom/).

As jy voor Maandag (10/06) deelneem, staan jy boonop die kans om ’n prys te wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.