Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier nie op hul bekke geval nie

Vier leerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje het na die nasionale ronde van die ATKV se Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deurgedring.

Dit word op 1 en 2 Oktober in Johannesburg aangebied.

Vanjaar se kompetisie is aan- lyn aangebied. Leerlinge moes hulle voorbereide of onvoorbereide (’n uur is hiervoor toegestaan) toesprake in ’n regstreekse video aan die beoordelaars doen.

Die viertal is Rehanjo Swanepoel (gr. 12), Vianke Herbst (gr. 11), Marita Oosthuizen (gr. 10) en Kamryn Lowe (gr. 8).

Dis die vierde jaar agtereenvolgens wat Rehanjo tot die eindronde deurdring. Sy het verlede jaar eerste geëindig vir gr. 11-leerlinge in Afrikaans voorbereid. In 2018 het sy twee eerste plekke behaal. Sy gaan in die afdeling Afrikaans: oorredingstoespraak individueel voorbereid en English: individual prepared (persuasive speech) meeding.

Kamryn het in dieselfde twee afdelings deurgedring en Marita en Vianke in Afri- kaans: oorredingstoespraak individueel voorbereid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.