Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier vereer vir kunste

Dit is die eerste keer dat hy so ’n “BAK”-eerbewys ontvang.

Só het liedjieskrywer, sanger, televisie-aanbieder en joernalis Coenie de Villiers Donderdag (06/06) op ’n geselligheid gesê waarop hy een van vier ontvangers van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) se oorkondes was.

Dr. Chris Verwoerd, voorsitter van die BAK, sê die vier mense wat vereer is, het elk ’n waardevolle bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gelewer.

Al vier wat vanjaar vereer is, het ’n groot bydrae tot die kunste gemaak.

Coenie het onlangs sy vierde Sama-eerbewys ontvang vir sy 21ste album, Pure Coenie, in die afdeling vir beste kontemporêre album op die South African Music Awards (Sama).

Dié musikant is ’n gebore en getoë Bloemfonteiner en hy en sy vrou, Ria, pendel tussen Johannesburg en die Rosestad.

Hy sê dit is een van die redes hoekom die BAK-eerbewys vir hom so besonders is.

Die ander rede is dat hy so lief is vir Afrikaans.

“Ek bid, skryf en pleeg Afrikaans.”

Hy en Anton Esterhuyse het albei verwys na ’n besonderse vertoning in April 2010 toe Coenie en Lucas Maree en ’n orkes onder regie van Esterhuyse in die destydse NG kerk Universitas (nou die Geloofsentrum Universitas) waar Esterhuyse die musiekleier is, opgetree het.

Esterhuyse, ’n vryskutmusikant, is vereer vir sy groot bydra tot die Afrikaanse taal en kultuur as musikant, musiekverwerker en regisseur. Hy was as vervaardiger, musiekregisseur en musiekverwerker by meer as 70 verhoog- en CD-produksies betrokke.

Elsa Krantz (92) is vir haar bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur in die teaterwêreld en die bevordering van redenaarsvaardighede onder die jeug vereer.

Sy en haar studente het vroeër jare gereeld teaterproduksies op die planke gebring.

Sy het talle van Verna Vels se Liewe Heksie-stories in verhoogproduksies omskep.

Die laaste oorkonde is postuum aan Lucas Maree vir sy bydra as liedjieskrywer oorhandig.

Sy susterskind, Ivan van Vuuren, het die oorkonde namens die familie in ontvangs geneem.

Ivan sê hy was bevoorreg om tussen helde te kon grootword.

“Oom Luckie was een van daardie helde. Hy inspireer my vandag nog. Al wat ek moet doen, is om na een van sy liedjies te luister,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.