Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier wen sonder spook en spartel

Vier Bloemfonteiners was onder die honderde entoesiaste wat van 21 tot 24 September die tweede Comic Con Africa-saamtrek by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand bygewoon het.

Die vier jong manne het hulle ingeskryf vir een van die Cosplay-uitrustingkompetisies waaraan besoekers van oor Afrika en selfs ander lande buite die kontinent deelgeneem het.

Eduan van der Ness vertel hy en sy broer Juan-Pierre, asook Hennie Geldenhuys en Kirsten Beyers, het baie moeite gedoen om hul Ghost Buster-kostuums so outentiek moontlik te kry.

“Ons het wit oorpakke bestel en dit is met koffiewater gekleur. Daarna het ons artikels, van brille tot skoene, van oral bymekaargemaak.”

Eduan sê Bloemfonteinse winkels was net te gewillig om te help. Van die bykomstighede is uit Amerika bestel.

Hulle het aan die Casual Cosplay-kompetisie deelgeneem, waarin hulle die groep-afdeling gewen het en algeheel tweede was.

Eduan sê benewens die kostuumkompetisie was daar honderde stalletjies waar besoekers onder meer kon sien hoe Disney sketse maak. Daar was ook ’n paar bekende Amerikaanse akteurs.

Eduan sê daar was heelwat besoekers uit Bloemfontein, maar dié uitstappie is so uitsonderlik dat hy meer mense sal aanmoedig om volgende jaar self ’n draai te gaan maak.

“Ons droom daarvan om volgende jaar in die professionele afdeling mee te ding en om eendag die Comic Con in Amerika by te woon. Ongelukkig is die kaartjies daarvoor byna onbekombaar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.