Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier wil landskap skud

Vier Bloemfonteinse musikante mag dalk net die Afrikaanse rock-fakkel van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel verder dra.

Stefan Gerritzen (tromme), Arend van den Berg (hoofsanger, liriekskrywer, ritmekitaar), Lüther van Zyl (hoofkitaar­speler) en Albert Victor (baskitaar, sanger) speel maar van verlede jaar saam – en was dit nie vir Covid-19 se inperkings­regulasies nie, sou hulle dalk al hul stempel afgedruk het.

Hulle is nietemin vuur en vlam om die ligtemusiek-landskap met hul groep Eindstryd te skud, en dit het reeds begin toe hulle Saterdag (10/10) by Be-Human opgetree het.

Dié ouens het die koronatyd gebruik om ses eie liedjies op te neem terwyl nog ses gereed lê vir ’n volgende sessie in die ateljee.

Albert vertel hul eerste mikpunt is om ’n eiesoortige klank te ontwikkel, want “eers as jy dit het, kan jy ’n volwaardige hoofvertoning lewer. Ons voldoen darem al aan die algemene verwagting dat jy ook minstens tien eie liedjies moet hê.”

Al vier lede skep saam-saam die musiek vir die lirieke waaraan Arend alleen beitel.

Soos talle sangers sal hulle altyd ook “covers” sing uit erkenning aan bekendes soos Karen Zoid, Koos Kombuis en Jan Blohm.

As Covid-19 nie ’n streep daardeur getrek het nie, sou hulle vroeër vanjaar by ’n nagmark en ’n lentedag-geselligheid in Pretoria optree.

Hulle is spyt dat die optredes nie kon realiseer nie, omdat hulle glo hul grootste aanhang is in die Jakarandastad.

“Ons harde rock sou gepas het in Bloemfontein se Mystic-klub van vroeër, maar daardie vibe bestaan nie meer nie,” sê Albert.

“Hier is langarm- en sokkiemusiek nou gewild, en dit is nie die musiek wat ons maak nie.”

Stefan en Arend was eers saam in ’n ander groep wat doodgeloop het, en Albert en Lüther het van 2015 af saam in ’n kerk-orkes gespeel. Begin verlede jaar het hulle mekaar by ’n vleisbraaiery ontmoet.

Só is Eindstryd gestig.

Albert (bourekeningkunde) en Lüther (sielkunde) het verlede jaar klaar studeer, maar kon nog nie werk kry nie.

Arend en Stefan, wat nog studeer, het saam ’n loodgieter-onderneming.

  • Hul snit “Begin van die einde” kan op YouTube, Spotify of iTunes geluister word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.