Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Violis oorsee geslyp

Die Bloemfonteinse violis Joas Erasmus het duisende jeugmusici van oor die wêreld heen uitgestof deur ’n beurs vir die Interlochen-musiekkursus in Amerika te ontvang.

Jong musici wat ernstig is oor ’n loopbaan in klas­sieke musiek en universiteitsgesante hier beïndruk, kry dikwels beurse om tersiêr aan ’n Amerikaanse universiteit te studeer.

Suid-Afrikaanse musici wat al die geleentheid gehad het, is Thapelo Masita, Cézarre Strydom, JC Jacobs en Francois Henkins jr., om maar enkeles te noem.

Die Interlochen-orkeskamp, wat vanjaar van 22 Junie tot 5 Augustus plaasvind, word deur die bekende dirigente Cristian Macelaru, Mei-Ann Chen, JoAnn Falletta, Erik Nielsen en Leslie B. Dunner gelei.

Uitgesoekte orkesmusici en pedagoë sal ook die jong spelers in groepe en individueel onder hande neem.

Die hoogtepunt is orkesuitvoerings waarmee die kamp afgesluit word en waarvoor die deelnemers oudisies moet aflê.

Dit bepaal elke deelnemer se plasing in óf die Wêreldjeugsimfonieorkes óf die Interlochen- Filharmoniese Orkes.

Midori, wêreld­bekende violis wat in Japan gebore is en in Amerika woon, is die solis in die Wêreld­orkes se slotkonsert.

Die orkeskamp bestaan egter nie uit oefen van die môre tot die aand nie – die spelers moet ook ander “vakke” kies.

Erasmus ­se keuse is ’n oefenkamp en rolprentmusiek.

Dié violis het verlede jaar die Michael Masote-prys as die mees belowende stryker in die nasionale jeugmusiekkompetisie in Kaapstad ontvang, en is die konsertmeester van die OSM Camerata.

Erasmus is ’n leerling van die bekende Bloemfonteinse violis­ Francois Henkins, en ontvang tuisonderrig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.