Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Visie kry vinnig wiele

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid se visie om basiese gesondheidsdienste na die mense terug te bring het op Dinsdag 31 Julie ’n hupstoot gekry nadat die Universiteit van die Vrystaat (UV) se mediese fakulteit ’n mobiele kliniek aan die departement oorhandig het.

Montseng Tsiu, die LUR, het by die oorhandiging gesê sy is opgewonde om so ’n kosbare geskenk te ontvang.

“Die geskenk bring my nader aan my visie om basiese gesondheid na die mense te bring. Vennootskappe soos dié met die universiteit help ons om dié visie ’n werklikheid te maak.

“Ons het hulp nodig, ons kan nie alleen die werk gedoen kry nie.

“Deur samewerking kan ons basiese dienste lewer.”

Prof. Francis Petersen, UV-rektor, sê die vennootskap gee hulle die geleentheid om met die gemeenskap, in die gemeenskap te werk.

Volgens dr. René Botha, koördineerder van gemeenskapsgegronde onderrig en landelike gesondheid by die UV se mediese fakulteit, wil hulle met dié mobiele kliniek gehalte-gesondheidsorg aan mense in die Kopanong- en Gariep- munisipale gebied bring.
– Kaydene Davids, Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.