Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voedidag bied weer pret

Groot pret wag weer wanneer Athalia-uitreik op Saterdag 31 Augustus sy Voedidag op die Bloemskou-terrein sal aanbied.

Athalia-uitreik, in samewerking met Bloemnuus, Radio Rosestad en @Models, bied dié pretdag aan met die doel om nie-bederfbare kos vir verskeie liefdadigheidsorganisasies in te samel.

Spanne kan hulle vir die potjiekoskompetisie en boeresport inskryf. Daar is ook ’n skoonheidskompetisie, sangkompetisie, danskompetisie en bulletjierugby.

Seuns kan vooraf of op die dag ingeskryf word vir die bulletjierugbyspan wat teen die Superkids-span kragte gaan meet.

Skole kan ook begin werk aan die Voedi-mannetjie wat hulle met blikkieskos moet bou. ’n Trofee vir die mooiste Voedi-mannetjie is op die spel.

Blikkieskos en ander nie-bederfbare kos kan deur die loop van die dag by die Bloemskou-terrein afgelaai word.

Ondernemings word uitgedaag om blikkieskos te skenk.

Jarmé-eiendomme het reeds onderneem om blikkieskos ter waarde van R1 000 te skenk, en daag ander ondernemings uit om dieselfde – of meer – te skenk.

Ondernemings kan ook ’n A3-plakkaat maak om aan te dui watter onderneming die skenking gedoen het.

Benewens talle aktiwiteite sal daar kosstalletjies wees, en onder meer klere, skoonheidsprodukte, juwele en kunsprodukte sal in die Violet-saal uitgestal word. Mode-ontwerpers sal ook hul rokke vir spesiale geleenthede uitstal.

Spanne in die potjiekoskompetisie gaan om ’n trofee meeding, en al die potjiekos gaan ten bate van liefdadigheid te koop wees.

Begunstigdes wat van die skenkings gaan ontvang, is onder meer Athalia-uitreik, Solidariteit Helpende Hand, Radio Rosestad se Omgeefonds en Volksblad se Ons Gee Om-fonds.

Toegang tot die dag kos R25 of twee blikkies kos.

Die geleentheid sal van 08:00 tot 15:00 duur, en mense kan deur die ingang na Bloemskou by Pick n Pay toegang verkry.

Vir meer inligting of om jou vir ’n kompetisie in te skryf, stuur ’n e-pos na admin@athalia.co.za, of bel Skryf in vir enige van die kompetisies of rig navrae oor die Anirlie Meyer by 051-522-1131.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.