Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voeding bring verligting
Afriforum
Inwoners van die Fakkel-woonwapark ontvang hul voorraad by lede van AfriForum wat dit Woensdag 20 Mei kom aflewer het. Hier is va links Deon Rheeder (AfriForum), Rika Brand en Lester Oelschig (inwoners) en Josepht Renaud (AfriForum).

Lede van AfriForum in Bloemfontein het Woensdag (20/05) sakke kitsmaaltye van 10 kg elk uitgedeel om behoeftige mense van noodsaaklike voeding te voorsien.

Daar is 200 gesinne oor die stad heen wat gebaat het by Laeveld Agrochem en die familieboer­netwerk Saai se skenking van 10 ton Genesis-kitsmaaltye.

AfriForum Sentraal het Solidariteit Helpende Hand gehelp om talle individue en instansies te besoek om dié voedingspakke te oorhandig.

Die inhoud van elke pak bevat noodsaaklike voedingstowwe.

Die eerste plek waar dit in Bloemfontein uitgedeel is, is die Fakkel-karavaanpark in Noordhoek. Salome Malherbe, bestuurder van die park, waar sowat 60 mense woon, meen die voedings­pakke sal ongelooflik baie help omdat talle inwoners hul werk verloor het of geen inkomste tydens die inperkingstyd het nie.

Een van die inwoners, Lester Oelschig, het al sedert Februarie nie ’n inkomste nie.

“Die voedingstowwe sal baie help met ons gesondheid,” sê Oelschig, wat ’n kode 14-vrag­motor­bestuurder op kontrakgrondslag is. Hy sê die vragmotor van die onderneming waar hy gewoonlik werk, is stukkend en hulle kon nie tydens die inperking onderdele kry nie.

Rika Brand bly al ses maande in die park en het voor die inperking by ’n groothandelaar in die slaghuis gewerk.

Sy sê hulle het werknemers vir die inperkingstyd verminder en sy het teen Woensdag nog nie gehoor of sy weer sal kan terugkeer werk toe nie.

“Die voedingspak sal baie help om ons immuniteit te versterk, met die winter wat nou hier is.”

Suné Hanekom en haar gesin bly nou by haar ma, Johanna Marneweck.

“My man, Jason, het onlangs werk by ’n slaghuis gekry. So ons gaan darem nou weer ’n inkomste begin kry.”

Sy sê die voedingspak gaan baie help om haar seuntjie, Carl Cloewlow (1), gesond te hou.

Suné sê sy werk by speel­groepies, maar omdat almal in die stad nou gestaak is, kan sy nie werk soek nie. Van die ander sentrums in die stad wat ook van die voedingspakke gekry het, is die mansskuiling, die Omega-geloof­sentrum en S-draai Karavane, asook Athalia- en Yade-huise.

Laeveld Agrochem het 1 000 van die 10 kg-kitsvoedingpakke beskikbaar gestel om aan behoeftiges oor die land heen uit te deel, waarvan 200 pakke in Bloemfontein uitgedeel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.