Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vondste sterk fondse op veiling

Die eerste veiling ten bate van Volksblad se Ons gee Om-fonds vir die jaar is op 12 Februarie op die geskiedkundige plaas Onze Rust buite die stad aangebied.

Jeandré Smith, afslaer van Nico Smith-afslaers, sê die voorraad was van goeie gehalte en daar was heelwat vir versamelaars om te koop.

“Daar was ook die enkele vreemde en interessante goed, wat so lekker van hierdie soort veilings is.”

’n Deel van die voorraad kom uit die platteland.

Kobus Venter van Solidariteit Helpende Hand sê hulle het van die skenkings wat dié liefdadigheidsorganisasie gereeld ontvang op die veiling te koop aangebied om geld in te samel vir hul talle projekte.

Venter sê die voorraad kom uit plekke soos Zastron en Kroonstad, waar daar oral skatte rondlê wat op veilings verkoop kan word.

“Terwyl ons op hierdie manier geld vir ons projekte insamel, maak ons ook ’n bydrae tot Volksblad se Ons gee Om-fonds. So help ons mekaar.”

Jackie Steyn van Onze Rust sê die reëlingskomitee, wat bestaan uit haar en Betsie en Attie Roux, het sommer nog baie planne vir toekomstige veilings ten bate van die fonds.

“Ons wil baie graag meer voorraad en mense uit die omliggende dorpe trek,” sê Steyn.

“Met ons volgende veiling wil ons ook ’n trommelverkoping hou. Mense kan hul kaste leegmaak en ook Ouma en Oupa se goedjies wat die kleinkinders nie wil hê nie op dié verkoping vir geld verruil.”

Met die volgende veiling beplan die komitee ook om meer meubels te koop aan te bied.

Rig navrae oor die veilings aan Betsie by 082-413-9275.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.