Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voormalige glorie wink

Voornemende kontrakteurs besoek op 18 Julie die Bloemfonteinse stadsaal wat in ’n brand verwoes is en ’n kosteberaming van die herstelwerk sal gedoen word.

Na verwagting behoort die stadsaal teen einde volgende jaar tot sy vorige glorie herstel te wees.

Dit is die boodskap van argitek Anton Roodt van Anton Roodt-argitekte in die stad ná ’n besoek aan die verwoeste stadsaal op Woensdag 27 Junie.

Olly Mlamleli, Mangaung se burgemeester, sê as sy na die bouval van die afgebrande stadsaal kyk, voel dit vir haar of sy na die lyk van ’n naasbestaande kyk. Sy sê dit is vir haar ’n baie emosionele saak en sy het volle vertroue in die groep argitekte wat aangestel is om die herstelprojek te dryf.

Roodt sê hulle gee veral aandag aan al die detail van die stadsaal om seker te maak dat dit ná voltooiing weer lyk soos voor die brand op 21 Junie verlede jaar.

Hy sê hulle het heelwat foto’s van onder meer ’n groep argitekte wat heel toevallig die stadsaal kort voor die brand besoek het met die oog op ’n geselligheid wat hulle daar wou aanbied.

’n Hele dokument is saamgestel met inligting oor die materiaal en hoeveelhede wat nodig gaan wees in die herstelproses.

Roodt sê anders as by ’n gewone bouproses, word daar van bo na onder gewerk.

Die hout in die stadsaal moes ook weggestuur word om ontleed te word. Die vloer het uit Karri-hout en die vensterrame uit Birmaanse kiaathout bestaan.

Hy sê kenners moes ook na die lugversorgingstelsel kyk.

Mlamleli sê mense moet nie dink daar het die afgelope paar maande niks gebeur nie. Die gebou is binne skoongemaak en daar is onder meer asbes gevind wat op die regte manier verwyder moes word sodat dit nie ’n gesondheidsrisiko sou inhou nie.

Sy sê die gebou is vir R200 miljoen verseker, maar dit is nie die bedrag wat die herstelwerk uiteindelik gaan kos nie.

“Die projek is in die versekeraars se hande en voorkeuraankope-prosesse sal gevolg word om die materiaal te bekom.”

Roodt sê dit lyk of die meeste van die materiaal wel in Suid-Afrika bekom kan word, behalwe die dakteëls wat dalk uit Italië ingevoer sal moet word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.