Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voortrekkers beplan eeufees

Weens die Covid-19-pandemie moes Die Voortrekkers in die Vrystaat sy jaar­program dramaties verander.

Willie Engelbrecht, gebiedsbestuurder van dié beweging in die Vrystaat, sê reëlings word nou getref om op 10 Oktober die eeufees by die Vrouemonument en Oorlogsmuseum van die Boere­republieke te vier.

’n Spesiale plegtigheid gaan deur die Werk-en-Wen-kommando, die stad se eerste kommando, aangebied word. Dit is in 1920 gestig.

Tannie Coba Schabort (103), die enigste oorlewende Voortrekker wat by die beweging se stigtingsdag ingelyf is, gaan op die geleentheid ’n fakkel aansteek.

Die Sorgbeeld, wat deur die FAK geskenk is, sal onthul word deur Corrie Scheepers, oud-gebiedsleier en nou hoofbeskermvrou van Die Vootrekkers en lid van die Nasionale Vrouemonumentkommissie.

Oom Josias Swanepoel (85) gaan op die geleentheid ’n eerbewys vir 75 jaar van diens ontvang. Hy is die langsdienende Voortrekker in die beweging.

“Op die geleentheid vat ons as Voortrekkers hande met die Oorlogsmuseum en FAK om ’n nuwe Afrikaner-baken met ’n toekomsvisie te onthul,” sê Engelbrecht.

  • Hou Bloemnuus dop vir meer besonderhede oor die fees.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.