Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vriendskappe op kamp

Ses jaar gelede het sy haar eerste Kougomkamp as eerstejaarstudent bygewoon en Donderdag (16/01) het sy die laaste keer dié kamp verlaat om haar eerste werk in Kaapstad aan te pak.

Só vertel Susan van Zyl, wat elke jaar van haar studie in inligtingstegnologie dié jaarlikse kamp vir eerstejaarstudente van Kovsiekerk aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) bygewoon het. Sy was die afgelope vyf jaar deel van die leiergroep.

Vanjaar se kamp is van 12 tot 16 Januarie op die Retiefkampterrein by Maselspoort aangebied en sowat 150 eerstejaarstudente het dit bygewoon. Susan sê hulle was vanjaar ’n groep van ongeveer 40 leiers, wat die kosspan ingesluit het.

“Vanjaar se eerstejaargroep is regtig baie volwasse en ons het almal die kamp baie geniet,” sê Susan.

Eerstejaarstudente van oor die land heen kry op dié kamp die geleentheid om vriende te maak voordat hulle hul studies later vandeesmaand aan die UV begin.

Jané Wiid van Hopetown, wat vanjaar fisioterapie gaan studeer, sê dit was lekker om ander studente van oor die land heen te ontmoet. Sy sê sy het die kruistog-toneelspel deur die leiergroep besonder baie geniet.

Wian Blom, wat ook van Hopetown kom en landbou gaan studeer, het die sportdag Woensdag baie geniet. Dit het aktiwiteite soos toutrek en vlugbal ingesluit, asook ’n prettige glysessie waartydens studente op ’n glybaan afgly voordat hulle in ’n put vol grillerige water bons.

Dit was Thomas Conradie, ’n derdejaarstudent in argitektuur, se derde Kougomkamp. Hy sê die eerstejaarstudente is die Maandagaand trakteer op ’n vertoning van die sanger Deon Meiring van die groep Glaskas, wat die volgende dag ’n rukkie op die kamp gekuier het.

Thomas sê hulle het heerlik geëet op die kamp.

“Ons het Woensdag aangesit by een lang tafel op die grasperk en aan potjiekos gesmul.”

Vir die eerstejaars was dit ’n voorsmakie van die studentelewe wat die volgende paar jaar op hulle wag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.